Akkommodasie Suid Afrika is trots daarop om u meer te vertel van ons wonderlike land. Suid Afrika is seker die enigste plek in die wereld waar die luukshede van die westerse wereld totaal geintregreer is met die wonderlikste natuurskoon. Met 'n kontrasterende landskap wat wissel vanaf 'n tropiese paradys in die ooste tot die uitgerekte woestyn van die Kalahari in die weste, is dit inderdaad 'n land van ongekende natuurskoon.
Suid Afrika word in meer ligte luim verwys na as die Reenboog Nasie as gevolg van die diversiteit van haar inwoners, kulture en asemrowende natuurtonele. Die Suid Afrikaanse nasie bestaan uit die bekende San (of Boesman), Nguni, Sotho-Tswana, Tsonga, Venda, Indian, Afrikaner en ander van gemengde oorsprong, insluitende immegrante van alle uithoeke van die aarde. Die bevolking is meer as 40 miljoen. Besoekers aan Suid Afrika geniet beide die natuurskoon en die kulturele ervaring wat Suid Afrika bied.
Akkommodasie in Suid Afrika wissel geveldig vanaf formele Hotel Akkommodasie tot Bed en Ontbyt Akkommodasie. Gastehuis Akkommodasie is volop en feitlik elke dorp spog met die beste in Gastehuis Verblyf.
'n Gastehuis is gewoonlik 'n privaat woning wat omskep is met die uitsluitlike doel om gerieflike, bekostigbare en eksklusiewe gaste akkommodasie aan toeriste en vakansiegangers te verskaf. Die publieke areas van die gastehuis is daarom vir die eksklusiewe gebruik van die gaste. Die eienaar of bestuurder van die gastehuis woon gewoonlik nie op die perseel nie, of op 'n totale aparte deel van die eiendom. 'n Gastehuis lewer meestal 'n meer omvattende diens as 'n Bed en Ontbyt (B&B) en voorsien gewoonlik alle maaltye.
Gastehuis akkommodasie in Suid Afrika bied die vakansieganger die perfekte geleentheid om Suid Afrika te verken en geniet teen uiters billike tariewe. Additionele voordele wat Gastehuise bied is die betrokkenheid van die eienaars as bron van inligting. Die meeste Gastehuis eienaars weet gewoonlik meer van die omgewing en kan die gas voorsien mer inligting soos die beste eetplekke of kultuur ervarings. Vriendelike diens en billike tariewe is die hoekstene van 'n suksesvolle Gastehuis bedryf.